Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Vlamme" deur FERDI GREYLING
"Vlamme" deur FERDI GREYLING [boodskap #24555] Di, 06 Julie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
VLAMME
Ferdi Greyling

Jy is 'n terugflits
na blou berge soos tande teen die lug,
na die verligting van donderstorms,
as somer oor die veld vlam,
'n swembad in die somer
met jong mense wat speel
en grootword.

As jy nou weer sou verskyn
na al die jare;
jy wat ek geken het
en verloor het
in die elegansie van liefde.
(Die wêreld draai vinniger
as wat ons ooit kon vermoed.)

Al wat ek sal kan sê
as jy weer sou verskyn,
is dat die bougainvilleas
in Oudtshoorn se stowwerige somer
heeltemal op hulle eie
soos pers vlamme brand.
Vorige onderwerp: "Winternag" deur EUGENE MARAIS
Volgende onderwerp: "In die Slamse buurt" deur I.D. DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 18:41:39 MGT 2024